Intelligente Ontwerp

Intelligente Ontwerp is 'n pseudowetenskaplike[1] beweging wat beweer dat sekere eienskappe in die natuur die beste verklaar kan word as die gevolg van ontwerp. Dit is 'n vorm van Kreasionisme, en word deur die meerderheid van wetenskaplikes verwerp.[2][3]

Intelligente ontwerp (IO) is 'n argument vir die bestaan van God, en die stelling se voorstanders bied geen toetsbare hipotese nie, en die idee is ook nie 'n wetenskaplike teorie nie.[4]

Die Discovery-instituut in Seattle is een van die voorste organisasies wat IO bevorder deur hulle "teach the controversy"-veldtog, wat dit ten doel het om die indruk te skep dat daar nie 'n wetenskaplike konsensus oor evolusie bestaan nie.[5]

Die argumente ten gunste van intelligente ontwerp fokus op twee areas, kosmologie en biologie:

  1. Boudry, Maarten; Blancke, Stefaan; Braeckman, Johan (December 2010). "Irreducible Incoherence and Intelligent Design: A Look into the Conceptual Toolbox of a Pseudoscience". The Quarterly Review of Biology (Chicago, IL: University of Chicago Press) 85 (4): 473–482. doi:10.1086/656904. PMID 21243965. Artikel beskikbaar by Universiteit Gent
  2. Lys van wetenskaplike organisasies wat IO verwerp
  3. An intelligently designed response
  4. Giberson, Karl W. (21 April 2014) "My Debate With an 'Intelligent Design' Theorist"
  5. Annas, George J. (25 Mei 2006). "Intelligent Judging — Evolution in the Classroom and the Courtroom". The New England Journal of Medicine (Waltham, MA: Massachusetts Medical Society) "That this controversy is one largely manufactured by the proponents of creationism and intelligent design may not matter, and as long as the controversy is taught in classes on current affairs, politics, or religion, and not in science classes, neither scientists nor citizens should be concerned."

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search